top of page
Wie is die stem en mamma agter Sprokieland se lekker luisterstories?
My naam is Rodeen Visser-Ludick en ek is 'n trotse mamma van 2 pragtige dogtertjies. Ek geniet dit so om stories op te maak. Dit het als begin toe Juliana nou 6, een jaar oud was. Elke aand voor slaaptyd het ek vir haar stories begin opmaak en vertel. Sy het dit so geniet.
Soos die tyd aangegaan het, het my man voorgestel ek moet 'n YouTube kanaal begin dan kan ek die stories vir haar speel, vir die aande wat ek te moeg is om stories op te maak. En so het Sprokieland Afrikaanse luisterstories begin.
Sprokieland se trots...
Dankie aan al die luisteraars - 3 Mei 2024
Geskryf deur Christa Steyn Bezuidenhout - 28 Desember 2021
bottom of page